Verkoopsverteenwoordiger - Paarl, South Africa - Evolv Business Solutions

Thabo Mthembu

Posted by:

Thabo Mthembu

beBee Recruiter


Description
Ons kliënt is 'n vooraanstaande verspreider van beskermende klerasie in die Wes-Kaap wat glo in uitmuntende diens, innovasie en etiese besigheidspraktyke. Hulle benodig tans die dienste van 'n ervare **Verkoopsverteenwoordiger** in die Boland-area **(Paarl/Wellington/Stellenbosch/Franschoek) **wat kan aansluit by hul dinamiese span.

**Sleutel verantwoordelikhede van hierdie posisie sluit onder meer in**:

- Handhawing van besigheidsverhoudinge met bestaande kliënte.
- Pro-aktiewe werf van nuwe kliënte.
- Algemene administrasie, insluitend kliëntekwotasies en -navrae.
- Effektiewe diens van bestaande kliëntebasis in die area.

**Die ideale kandidaat word gekenmerk aan**:

- **'**n Senior sertifikaat met 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie as aanbeveling.
- Minstens drie jaar ervaring as verkoopsverteenwoordiger.
- Kandidate met ervaring in die PPE-industrie sal voorkeur geniet.
- Rekenaarvaardig in die MS Office pakket en die vermoë om nuwe programme aan te leer.
- Professionele kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede met 'n netjiese en professionele voorkoms.
- 'n Geldige bestuurslisensie.

**Vergoedingspakket**:

- Basiese salaris van R14 000 pm
- Kommissie addisioneel tot salaris.
- Maatskappy voertuig òf -toelaag.
- Dek van werksuitgawes.

**Werksure**:Maandae tot Donderdae van 08:00 tot 17:00 en Vrydae van 08:00 tot 16:00.

Doelwit gedrewe kandidate met 'n inherente warm geaardheid en positiewe ingesteldheid word aangemoedig om hul CV's via e-pos te stuur met 'n aanduiding van die posisie waarvoor aansoek gedoen word.

Aansoeke sluit **10 Julie 2023** en **SLEGS** gekortlysde kandidate sal gekontak word.

Application Deadline: 2023/07/10

More jobs from Evolv Business Solutions