Brooklyn, Pretoria: PROJEK BESTUURDER - Cora ONeil Recruitment Agency
Description
Brooklyn, Pretoria: MIDDELVLAK PROJEK BESTUURDER (GEBEUREBESTUUR / "EVENTS MANAGEMENT")
Minimum Vereistes:
-Netjies en goed aangebiede, doeltreffende en professionele dame
-Ten volle tweetalig in beide Afrikaans en Engels verpligtend (Afr & Eng kliëntebasis)
-Matriek / Graad 12
-Relevant tersiêre kwalifikasie verkies
-2 tot 3 jaar onlangse Projekbestuur ondervinding, spesifiek in geleenthede industrie ("events industry") verpligtend
-Sterk skriftelike en verbale kommunikasievaardighede in beide Engels en Afrikaans verpligtend
-Sterk onderhandelingsvaardighede
-Georganiseer met sterk administrasievaardighede noodsaaklik
-Sperdatum gedrewe met sterk aandag aan detail
-Rekenaarvaardig MS Office, en gemaklik om met aanlyn stelsels te werk
-In staat om onder druk te werk, en in staat om onafhanklik en met minimale toesig te werk
-Geldige bestuurslisensie en eie voertuig verpligtend
-Stabiele diensrekord en kontakbare verwysings verpligtend
-Om so gou as moontlik te begin
Pligte:
-Uitvoer van alle vaardighede wat nodig is om funksies soos Vergaderings / Aansporings / Konferensies / Gebeurtenisse te bestuur
-Neem geleenthede en aansporings aan wat aan maatskappy toegeken word.
-Lewer ervare insette in elke nuwe opdrag / voorstel.
-Pas 'n kreatiewe en "buite die boks" denkproses toe wanneer voorstelle geskryf word.
-Stel gedetailleerde voorstelle saam, insluitend gedetailleerde roetes, beskrywings, beelde, kosteberekeninge en aanbiedings.
-Terreininspeksies van voorgestelde bestemmings
-Begelei groepe op gebeure
-Bestuur operasionele aspekte met betrekking tot beplanning en uitvoering van geleenthede
-Bestuur reëlings op terrein met betrekking tot geleenthede
-Ontmoet en groet groepe by lughawens
-Stel voor, bespreek en bestuur alle vermaak wat nodig is vir geleenthede.
-Bespreek en bestuur alle akkommodasievereistes en alle elemente rondom konferensievereistes.
-Tree op as skakel tussen verskaffers en kliënte.
-Voortgesette kliënteskakeling rakende vordering van geleenthede
-Bou verhoudings met kliënte, ondersteuningspersoneel en verskaffers.
-Verantwoordelik vir kontantvloei, rekonsiliasie en winsgewendheid van elke geleentheid wat bestuur word.
-Bestuur Administrateur met betrekking tot elemente van verantwoordelikheid tydens die aanloop tot 'n geleentheid
Salaris: Onderhandelbaar afhangende van ondervinding (Mark verwant)
E-pos u opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as n skakel / "link" nie) na en dui die volgende aan:
Verwysing CR2559; en
U maandelikse bruto salarisverwagting.
(Stuur ook n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)
AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.