Jobs
>
Moreletapark

    Junior Jeug koördineerder - Moreletapark, South Africa - HR Genie

    HR Genie
    HR Genie Moreletapark, South Africa

    4 days ago

    HR Genie background
    Description

    Ons is opsoek na n persoon wat Moreleta Kerk se Junior Jeugbediening (voorskool tot graad 6) kan koördineer.

    Gepaste opleiding in jeugwerk of soortgelyk sowel as ondervinding in jeugwerk kan jou help met die volgende:

    Eienskappe:

    • n Passie en liefde het vir kinders.
    • Ervaring in Jeugbediening (voltyds of as student).
    • n Spanspeler wat in n groep funksioneer.
    • Jy het die vermoë om met ongeveer 60 kleingroepleiers te skakel en is gemaklik om hulle te lei, dien en bemagtig.
    • Gemaklik graadgroep aanbiedings kan doen.
    • Kreatief ouers by hulle kinders se geestelike groeiproses te betrek
    • Bestaande kurrikulums kan uitbou en aanpas by ons gemeente se behoeftes
    • Mobilisering, opleiding en motivering van vrywilligers en groep leiers.
    • Aanvoeling en liefde vir worship en hou dit die lesse wat behandel word kan aanvul.

    Verantwoordelikhede

    • Koördinering van alles wat by ons Junior Jeugbediening gebeur.
    • Kreatiewe maniere om die bediening na die plaaslike laerskool uit te bou en te groei.
    • Opleiding en toerusting van ons kleingroepleiers.
    • Weeklikse kommunikasie aan ons ouers om hul deurentyd op hoogte van sake te hou van wat by Moreleta Kerk se Junior Jeugbediening gebeur.
    • Admin verantwoordelikhede wat saam met die span gedoen word.

    Werksure en werkswyse

    Ons betrekking is n voltydse pos met werksure van 07:45 tot 16:00 in die week en dit vereis van jou om minstens 5 ure op n Sondag te werk. Daar word wel deur die week afgevat vir die werk op n Sondag soos ooreengekom met die Leraar van jou span. As koördineerder werk jy altyd in spanverband. Daar is adminpligte wat ook vervul moet word en jy werk saam met een van ons gemeente se Leraars.