Jobs
>
Johannesburg

    Sunninghill, Johannesburg: ADMINISTRASIE ASSISTENT - Cora ONeil Recruitment Agency

    Default job background
    Description

    Sunninghill, Johannesburg: ADMINISTRASIE ASSISTENT (Vir Petrol Stasie)

    Minimum Vereistes:

    -Netjiese Nie-BEE dame, 35+ jaar oud (Spesifiek blanke of Indiër dame, soos per maatskappy se huidige BEE vereistes)

    -Afrikaans en Engels eerste en tweede tale verpligtend

    -Uitstekende kommunikasie vaardigheid in beide Afrikaans en Engels verpligtend

    -Matriek / Graad 12

    -Minimum 1 jaar onlangse relevante administrasie ondervinding, verkieslik by n Petrol Stasie of soortgelyke werksomgewing

    -Finansiële Administrasie ondervinding verkies

    -Sterk administrasie vaardigheid belangrik

    -Ten volle rekenaargeletterd in MS Word en MS Excel (WinBranch ondervinding verkies)

    -Moet bereid wees om retail ure te werk

    -Woonagtig naby Sunninghill verpligtend

    -Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings (CV moet volledige diensrekord en diensdatums aandui)

    -Om so gou moontlik diens te aanvaar

    Werksure:

    Maandae tot Vrydae vanaf 6vm 3nm, met 1 uur etenstyd; en

    2 Saterdae per maand vanaf 6vm 10vm

    Pligte:

    -Volledige Administrasie take vir Petrol Stasie

    -Daaglikse kontant rekonsiliasie na WinBranch

    -Brandstof rekonsiliasie, balanseer aflewerings vanaf Afleweringsnotas na Outomatiese Voorraad Aanvulling

    -Rekonsilieer Tak na Outomatiese Tenk Meter.

    -Kleinkasbestuur en rekonsiliasie

    -Uitreiking van kassier fondse en vul kleingeld aan wanneer nodig, asook balansering

    -Voorbereiding van oorbetalings vir verskaffersbetalings vir boekhouer en verseker dat betalings in ooreenstemming met kredietfasiliteite deur verskaffer aangevra word

    -Hantering van voorraad databasis

    -Daaglikse kontant verwerking

    -Maandelikse voorraad opnames en verwerking

    -Voorbereiding van Voorhof, Bakkery, Kassiere en ander algemene personeel rooster

    -Rekonsilieer daaglikse personeelbywoning met biometriese stelsel

    -Onderhou personeellêers op die perseel en opdatering van HR soos en wanneer nodig

    -Instandhouding van algemene Excel-sigblaaie

    -Ondersteuning aan Bestuurder en algemene pligte

    -Algemene Kantoor pligte insluitend die beantwoording van telefoon, bestel van skryfbehoeftes en skoonmaak materiaal

    -Onderhou liassering van verskaffersfakture en ander administrasiedokumentasie

    Salaris: R R bruto maksimum (afhangende van ondervinding)

    E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as n skakel / "link" nie) na en dui die volgende aan:

    Verwysing CR2569; en

    U basies maandelikse bruto salarisverwagting binne die aangebiede bedrag.

    (Stuur ook n onlangse foto en enige verwysingsbriewe van vorige werkgewers, indien moontlik)

    AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE MINIMUM VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.



  • Smith & Seeger Investments Bedfordview, South Africa

    Pos beskikbaar in Bedfordview · - Eie vervoer is n vereiste · - Woonagtig naby Bedfordview · - Ondervinding in huur eiendom kontrole en huur geld insameling · **Algemene Administrasie Klerk/Assistent** · **Pos Beskrywing** · - Uitvoering van administratiewe take en ander soos ver ...


  • NWK Limited Petit, South Africa

    **ASSISTANT SHOP MANAGER · **RETAIL PETIT · Are you ready to take the next step in your career and co-lead a thriving retail outlet in a dynamic environment? NWK is · seeking an exceptional Assistant Shop Manager to join our team and contribute to the ongoing success of our retai ...