Saipa & Saica Klerkskappe 2025 - Worcester, South Africa - Evolv Business Solutions

Thabo Mthembu

Posted by:

Thabo Mthembu

beBee Recruiter


Description
Is jy huidiglik in **Graad 12?**

Droom jy van 'n loopbaan in die **rekeningkundige industrie?**

Beoog jy om in 2025 in 'n rekeningkundige rigting te **studeer?**

Wil jy terselfdertyd **werksondervinding **opdoen en 'n inkomste verdien?

Dan is hierdie **Worcester-gebasseerde** geleenthede dalk ideaal vir jou

**Om in aanmerking te kom vir 'n klerkskap word die volgende vereis**:

- Vir SAIPA-klerkskap:

- Finale Graad 11 punte van 70% vir Rekeningkunde en 60% vir Wiskunde.
- Vir SAICA-klerkskap:

- Finale Graad 11 punte van 75% vir Rekeningkunde en 65% vir Wiskunde.
- Bogemiddelde taalvaardighede en spelvermoë.
- 'n Deeglike benadering tot die uitvoer van take.
- Goeie werksetiek en hoë vlakke van integriteit.

Kandidate wat reeds deeltyds in 'n rekeningkundige rigting studeer en belangstelin 'n SAIPA/SAICA klerkskap is ook welkom om aansoek te doen.

**Klerkskappe neem in aanvang op 1 Januarie 2025.**

**Om aansoek te doen, stuur asb 'n motiveringsbrief en/of CV, tesame met 'n afskrif van jou finale Graad 11 en/of mees onlangse akademiese resultate via e-pos te stuur. Aansoeke sluit op 30 April 2024 en SLEGS gekortlysde kandidate sal gekontak word.**

Application Deadline: 2024/04/30

More jobs from Evolv Business Solutions