Rekenmeester (Wyn-industrie) - Rawsonville, South Africa - Evolv Business Solutions

Thabo Mthembu

Posted by:

Thabo Mthembu

beBee Recruiter


Description
Ons kliënt is 'n prestige wynlandgoed in **Rawsonville** wie se unieke aanslag, sterk waardes en etiese beginsels tesame met hul familie-geörienteerde kultuur bydrae tot hul sukses op internasionale vlak. Hulle beskik tans oor 'n geleentheid vir 'n **Rekenmeester** om by hul gedugte span aan te sluit.

**Kern uitsette van hierdie rol sluit onder meer in**:

- Daaglikse teboekstawing van finansiële transaksies.
- Voltooiing en indiening van statutêre opgawes.
- Doeane-, aksyns
- sowel as SAWIS opgawes.
- Voorbereiding van finansiële
- en BEE-oudits.
- Debiteure invordering.
- Betaling van salarisse en lone.
- Ondersteuning aan die Algemene Bestuurder.

**Vereistes vir hierdie posisie sluit onder meer in**:

- 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie.
- Bewese ervaring in 'n soortgelyke rol met ervaring in die wyn-industrie as aanbeveling.
- Bogemiddelde rekenaarvaardighede met Pastel-ervaring as aanbeveling.
- Uitstekende tydbestuursvaardighede.
- Die vermoë om effektief onder volgehoue druk te funksioneer.

Georganiseerde kandidate met 'n inherente akkurate ingesteldheid en hoë vlakke van integriteit word aangemoedig om hul CV'svia e-pos te stuur. **Aansoeke sluit op** **19 Mei 2023**. **SLEGS GEKORTLYSDE KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD**

**Job Types**: Full-time, Permanent

**Salary**: R15, R20,000.00 per month

Application Deadline: 2023/05/19

More jobs from Evolv Business Solutions