Verkoopsverteenwoordiger (Kaapse Noordelike - Durbanville, South Africa - Evolv Business Solutions

Thabo Mthembu

Posted by:

Thabo Mthembu

beBee Recruiter


Description
Ons kliënt is 'n vooraanstaande verspreider van beskermende klerasie in die Wes-Kaap wat glo in uitmuntende diens, innovasie en etiese besigheidspraktyke. Hulle benodig tans die dienste van 'n ervare Verkoopsverteenwoordiger in die noordelike voorstede van Kaapstad wat kan aansluit by hul dinamiese span.

**Sleutel verantwoordelikhede van hierdie posisie sluit onder meer in**:

- Handhawing van besigheidsverhoudinge met bestaande kliënte.
- Pro-aktiewe werf van nuwe kliënte.
- Algemene administrasie, insluitend kliëntekwotasies en -navrae.
- Effektiewe diens van bestaande kliëntebasis in die area.

**Die ideale kandidaat word gekenmerk aan**:

- 'n Senior sertifikaat met 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie as aanbeveling.
- Minstens drie jaar ervaring as verkoopsverteenwoordiger.
- Kandidate met ervaring in die PPE-industrie sal voorkeur geniet.
- Rekenaarvaardig in die MS Office pakket en die vermoë om nuwe programme aan te leer.
- Professionele kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede met 'n netjiese en professionele voorkoms.
- 'n Geldige bestuurslisensie.

**Werksure**:

- Maandae tot Donderdae van 08:00 tot 17:00. Vrydae van 08:00 tot 16:00.

**Vergoedingspakket (ohb)**:

- Basiese salaris van R14 000 pm.
- Kommissie addisioneel tot salaris.
- Maatskappy voertuig òf -toelaag.
- Dek van werksuitgawes.

Doelwit gedrewe kandidate met 'n inherente warm geaardheid en positiewe ingesteldheid word aangemoedig om hul CV's via e-pos te stuur met 'n aanduiding van die posisie waarvoor aansoek gedoen word. **Aansoeke sluit 16 Februarie 2024** en **SLEGS** gekortlysde kandidate sal gekontak word.

**Job Types**: Full-time, Permanent

**Salary**: From R14 000,00 per month

Application Deadline: 2024/02/16

More jobs from Evolv Business Solutions