Regsadviseur - Swellendam, South Africa - Skills Connector

    Skills Connector
    Skills Connector Swellendam, South Africa

    2 weeks ago

    Default job background
    Description
    Verantwoordelikhede:
    • Maatskappy dokumentasie en sekretariële werk:
    • Opvang van alle maatskappy legers.
    • Hantering van alle statutêre aangeleenthede van maatskappye.
    • Opname van notules en opdatering daarvan by alle vergaderings.
    • Uitreiking of kansellasie van aandele in maatskappye en die opstel van alle verwante kontrakte.
    • Nagaan van maatskappye se onderskeie MOIs (Memorandum of Incorporation).
    • Indiening van jaarlikse CIPC opgawes.
    • Nakoming van NCA vereistes en jaarlikse hernuwings.
    • Insameling en byhou van FICA-inligting van direkteure en aandeelhouers.
    • Hantering van alle korporatiewe bestuursaangeleenthede.
    • Opdatering en verbetering van sjabloondokumente.
    • Byhou van notuleboeke, hersiening van trustaktes, registrasie, wysiging, en deregistrasie van trusts by die Meesterskantoor, organisering van vergaderings.
    • Nakoming: Algemene wetgewende en regulatoriese nakoming vir die maatskappy en kliënte, insluitend, maar nie beperk tot, POPIA, FICA, die Maatskappywet, Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
    • Opstel van interne en personeel kontrakte.
    • Ontwikkeling van werknemerbeleide.
    • Verskaffing van regs- en werke soos vereis deur die werkgewer, insluitend navorsing en risikoevaluering.
    • Kommunikasie met kliënte, prokureurs, staatsinstansies, ens.
    • Hantering van litigasie-aangeleenthede: Opdragte aan eksterne prokureurs vir die aanvang of verdediging van regsgedinge namens die maatskappy, en toesig oor die litigasieproses.